Toyota Hilux-advertensie verbied in Brittanje

Die advertensiewaghond van Brittanje het ‘n advertensie vir ‘n Toyota Hilux-sportnutsvoertuig verbied omdat dit “onverantwoordelike gedrag” teenoor die omgewing bevorder. Die betaalde plasing op Facebook en ʼn plakkaat wys hoe ‘n ry sportnutsvoertuie in ‘n stofwolk op ʼn grondpad ry voor hulle by ‘n teerpad aansluit. ‘n Netwerk groepe regoor die Verenigde Koninkryk is bekommerd oor die uitwerking van korporatiewe buitelug-reklame en het die klag ingedien. Die waghond het beslis die advertensies is ‘n uitbeelding en goedkeuring van die gebruik van voertuie op ‘n wyse wat die impak op die natuur en die omgewing verontagsaam.