Teorieë oor Kennedy se moord maal steeds

Vandag is die 60ste herdenking van die sluipmoord op die Amerikaanse president, John F Kennedy, en die samesweringsteorieë bestaan steeds. Hy is geskiet terwyl hy en sy vrou, Jackie, in 1963 deur Dallas, Texas, gery het. Lee Harvey Oswald is ‘n paar uur later in hegtenis geneem, maar is twee dae later deur die plaaslike nagklubeienaar, Jack Ruby, doodgeskiet. Oswald se motief is nooit bepaal nie en ‘n komitee van die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers het in 1978 tot die gevolgtrekking gekom dit is baie waarskynlik dat iemand anders ook op Kennedy geskiet het, wat dit ‘n sameswering maak.