SA bestee miljoene aan GBV-skuilings

Die buurland se minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Lindiwe Zulu, sê skuilings vir slagoffers van geslagsgeweld en misdaad vorm die kern in die verskaffing van sorg, veiligheid, ondersteuning en genesing. Die departement het meer as 211 miljoen Suid-Afrikaanse rand vir ‘n tydperk van vier jaar toegeken aan 134 skuilings wat slagoffer-steundienste regdeur die land lewer. Die departement se woordvoerder, Lumka Oliphant, sê die minister het ‘n beroep op die privaatsektor gedoen om die werk wat deur die regering gedoen word, te ondersteun: