Versekeringsmaatskappye se belasting moet verhoog

Plaaslike berigte lui dat die finansministerie aangekondig het hy hersien en hervorm die land se belastingbeleid. Dit kom in ‘n poging om belasting van die versekeringsektor te maksimeer. Die aankondiging is gemaak na dit aan die lig gekom het dat Namibiese maatskappye ‘n gemiddelde belastingkoers van 30 persent betaal, terwyl versekeringsmaatskappye sowat 12 persent betaal. Die ministerie se adjunk-uitvoerende direkteur van ekonomiese beleid, Oscar Capelao, sê die versekeringsektor dra minder by tot die staatsinkomste as gevolg van verouderde wette. Capelao sê aanpassings word op die oomblik oorweeg in die verband.