Goedgekeurde bouplanne neem skerp af
Windhoek en Swakopmund saam het in Oktober vanjaar 268 bouplanne goedgekeur, ter waarde van 333,2 miljoen Namibiese dollar. Dit verteenwoordig ‘n 7,6 persent maand-tot-maand afname en ‘n 19 persent afname in goedkeurings op ‘n jaargrondslag, volgens Simonis Storm se jongste bou-statistieke verslag. Honderd-en-tagtig projekte is egter in die maand voltooi, wat die jaar se tweede hoogste maandelikse totaal is, en ‘n 89,5 persent verhoging op ‘n jaargrondslag van Oktober verlede jaar.