Collard gesels oor waarde van EPA, veral met koring

Maatskappye kan nou aansoek doen om te deel in die tarief-vry of verlaagde invoer belasting vir produkte vanaf die Verenigde Koninkryk, in terme van die EPA fasiliteit vir suiwel en koring. Daar is net meer as 50 ton gars, 15 ton botter, amper 30 ton graangebaseerde voedsel, 198 ton kaas, 1,98 ton roomys, 2 ton varkvet, 14 ton vark en amper 4 000 ton koring beskikbaar. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ian Collard, die hoof van die NMI-groep, wat meer oor die tariewe verduidelik.