Kaapstad bekommerd oor wapengeweld

Die Stad Kaapstad sê wapengeweld is een van die hoofredes waarom hy sukkel om die moordsyfer af te bring. Die Wes-Kaap is onder die vier provinsies waar 83 persent van die land se moorde in die tweede kwartaal van die 2023/2024-boekjaar gepleeg is. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê hulle het die afgelope week binne 14 uur beslag gelê op vyf onwettige vuurwapens.