Pad vorentoe na uitstekende besettingsyfers lyk so

Die land se gasvryheidsektor kan met aansienlik hoër nasionale besettingsyfers spog in vergelyking met verlede jaar. Die besettingsyfers in Oktober was op 65,5 persent gemeet, volgens die nuutste verslag van Simonis Storm, teenoor die 54,6 persent in Oktober verlede jaar. Besetting deur sakereisigers was op 9,9 persent, in vergelyking met die 2,7 persent-koers wat in Oktober verlede jaar aangeteken is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met ‘n ekonomiese ontleder by Simonis Storm, Halleluya Ndimulunde, oor die pad vorentoe, veral met die vakansieseisoen op hande.