Venaani se ivoorplan is doodgebore

Die opposisie PDM-leier McHenry Venaani sê Namibië moet sy opgehoopte ivoor-voorraad, wat in 2019 meer as ‘n miljard Namibiese dollar werd was, verkoop en gebruik vir ontwikkeling en werkskepping. Die idee is egter doodgebore. Kosmos 94.1 Nuus het met Romeo Muyunda, woordvoerder van die omgewing-ministerie, gepraat wat sê ons mag nie die ivoor verkoop nie en die rede daarvoor verstrek.