Hittegolftoestande oor groot dele van die buurland verwag
Hittegolftoestande met temperature wat aanhoudend bo die gemiddelde maksimum temperature bly, word van vandag tot Vrydag in die binneland van die Oos-Kaap, Mpumalanga, Limpopo, Gauteng en KwaZulu-Natal verwag. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het aangekondig die hittegolwe sal na verwagting die hele week in die sentrale en oostelike dele van die land voortduur. Die woordvoerder van die Stad Johannesburg se noodbestuursdiens, Robert Mulaudzi, doen ʼn beroep op inwoners om versigtig te wees tydens hulle daaglikse aktiwiteite: