Ooreenkoms kom dalk vir Gaza-gyselaars

Israel, die Verenigde State en Hamas het ‘n voorlopige ooreenkoms bereik om dosyne vroue en kinders wat in Gaza as gyselaars aangehou word te bevry, in ruil vir ‘n vyf dae lange pouse in gevegte, berig die Washington Post. Beide Israeliese Premier Benjamin Netanyahu en Amerikaanse amptenare sê egter geen ooreenkoms is nog bereik nie. Volgens mense wat vertroud is met die gedetailleerde ooreenkoms van ses bladsye kan die vrylating van die gyselaars binne die volgende paar dae begin, sê die koerant. Die berig kom terwyl Israel besig is om voor te berei om sy offensief teen Hamas-militante na die suide van Gaza uit te brei en lugaanvalle tientalle Palestyne doodgemaak het, insluitend burgerlikes wat by twee skole geskuil het.