Ou bottel whisky nou wêreld se duurste
As jy gedink het jou wyn of bier word duur, dink weer! Die rekord vir die wêreld se duurste bottel whisky is gebreek nadat ‘n bottel Macallan 1926 vir 2,1 miljoen Britse pond op ‘n Sotheby’s-veiling in Londen verkoop is. Dit is meer as 48 miljoen Namibiese dollar. Die veiling het ‘n nuwe rekord opgestel vir enige bottel spiritus of wyn wat op ‘n veiling verkoop is. Die Adami 1926 is die oudste Macallan-oesjaar wat ooit geproduseer is. Die bottel is een van slegs 40 wat Macallan, gebaseer in Moray, Noord-Skotland, in 1986 uit Vat 263 gebottel het. Die whisky het 60 jaar in die vat van donker Europese eikehout verouder.