Olifante, leeus treiter Zambezi inwoners

Aanhoudende en toenemende konflikte tussen mense en natuurlewe bedreig steeds gemeenskappe om die Nkasa Rupara Nasionale Park in die Zambezi-streek. Die konflikte het oor die afgelope dekades meer gereeld en ernstig geword as gevolg van bevolkingsgroei onder beide mense en diere en die uitbreiding van landbou- en nywerheidsaktiwiteite. Cebans Munanzi, ’n bewaarder by die Nkasa Rupara park, praat oor die uitdagings wat hulle in die gesig staar met olifante en leeus.