Am terug by die Haaie

Rugby: Lukhanyo Am is die enigste Springbok wat terug is in die Haaie se span vir môre se Verenigde Rugbykampioenskaps-wedstryd teen Connacht in Durban. Sy nasionale spanmaats, die haker Bongi Mbonambi en die stut Vincent Koch, het langtermyn-kniebeserings, terwyl die span se ander Bokke eers volgende week terugkeer. Die hoofafrigter, John Plumtree, sê die Ierse teenstanders is baie onvoorspelbaar en hulle besef hul verdediging moet baie sterk wees. Die Haaie is tans in die 16de en laaste plek op die punteleer nadat hulle al vier hul vorige wedstryde verloor het.