Bon Jovi stel oorspronklike Kers-liedjie vry

Hierdie week het Bon Jovi op sosiale media aangekondig dat hulle ’n vroeë Kersgeskenk vir aanhangers het. Die groep sê: “Ons nuwe oorspronklike vakansieliedjie, ‘Kersfees is nie Kersfees nie’, is hierdie Vrydag uit.” Die groeplede – Jon Bon Jovi, David Bryan, Hugh McDonald, Tico Torres, Phil Xenidis, John Shanks en Everett Bradley – het feesgevier met ‘n drankie by Santa’s Pub in Nashville. Dit is hullle eerste nuwe musiek sedert hul album ‘2020’, wat drie jaar gelede vrygestel is. Intussen het Richie Sambora ook beweer dat hy in gesprek is vir ‘n Bon Jovi-reünie.

Foto verskaf