Kunene huur vervoer om voedselhulp af te lewer

Die Kunene-streek het besluit om privaat vervoer te huur vir die verspreiding van droogtehulp in die streek. Dit is nie die eerste keer wat die uitdaging uitgelig is nie. Die streeksraad se voertuie is stukkend en begunstigdes sukkel reeds sedert April van jaar om voedsel te ontvang. Die streek is verantwoordelik vir byna 30 000 mense wat sedert 2013 deur die langdurige en uiterste droogte geraak is. Die goewerneur Marius Sheya sê vragmotors en ander voertuie is reeds gehuur en vra dat gemeenskappe wat nog nie hul droogtehulp ontvang of geregistreer het nie om hul kiesafdelingskantore vir bystand te besoek.