Phala Phala-lot hoor vandag oor borg

Die landdroshof in Bela Bela in Limpopo het die Phala Phala-diefstalsaak teen drie Namibiërs tot vandag toe uitgestel vir die borgtoguitspraak. Die Nasionale Vervolgingsgesag sê voldoende getuienis verbind die voormalige werknemer, Froliana Joseph, haar broer, Ndilinasho David Joseph, en Imanuwela David aan die diefstal op president Cyril Ramaphosa se plaas in 2020. Hulle staan tereg op aanklagte van diefstal, huisbraak, geldwassery en sameswering om ‘n rooftog te pleeg. Die Nasionale Vervolgingsgesag sê die staat het nie die borgtogaansoek van Froliana Joseph teengestaan nie, aangesien sy tans borsvoed.