Gesondheidsversekering sal mediese fondse erg raak

Die buurland se Sentrum vir Risiko-ontleding sê die ANC-regering se voorgestelde Nasionale Gesondheidsversekering hou ‘n wesenlike risiko in vir die lewensvatbaarheid van privaat mediese fondse. Die organisasie glo die plan om mediese belastingkrediete af te skaf en die fondse te herlei om die versekering te ondersteun, is ‘n bedreiging vir die volhoubaarheid van privaat gesondheidsorg. Chris Hattingh van die sentrum waarsku so ‘n stap dui op ‘n ontmoediging van privaatsektor- belegging, vernuwing en mededinging in Suid-Afrika: