Gaza het erge voedseltekorte, hongersnood op pad

Die Verenigde Nasies se Wêreldvoedselprogram sê die Gazastrook staar ʼn reuse-voedseltekort en wydverspreide hongersnood in die gesig omdat byna die hele bevolking dringend voedselhulp nodig het. Brandstoftekorte het broodproduksie by al 130 bakkerye in Gaza feitlik tot stilstand gebring. Die voedselprogram se streeksdirekteur in die Midde-Ooste, Corinne Fleischer, sê net 447 van die 1 129 vragmotors wat Gaza sedert die opening van die Rafah-grenskruising binnegegaan het, het voedselvoorrade vervoer: