GRN onder skoot vir jeugbefondsing

Die RDP party-lid, Kennedy Shakupakela, het in die Nasionale Vergadering die begroting wat aan die ministerie van jeug, sport en nasionale diens toegeken word, gekritiseer. Volgens Shakupakela kry die ministerie nie genoeg geld nie en is die ministerie en sy personeel onbevoeg, daarom gebruik hulle nie die geld wat hulle wel kry tot sy volste reg nie. Die begroting vir die jeug-ministerie is vanjaar 473 miljoen Namibiese dollar.