‘Sluit kinders in by COP28-besluite’

Die Kinderfonds van die Verenigde Nasies, Unicef, doen ‘n beroep dat kinders voorrang moet kry en ingesluit word by die finale COP28-besluite, wat vanaf die 30ste van hierdie maand in Dubai in die Verenigde Arabiese Emirate plaasvind. Unicef beklemtoon die noodsaaklikheid van ‘n deskundige dialoog oor kinders en klimaatsverandering, sowel as die insluiting van kinders en gelykheid tussen geslagte in die Globale bestekopname. Dit bepleit ook die insluiting van kinders en klimaatbestande noodsaaklike dienste in die finale besluit oor die Wêreld Doelwit vir Aanpassing.