Sainz sien uit na Las Vegas GP

Dis hierdie naweek ʼn splinternuwe stilhouplek op die Formule Een-kalender – die Las Vegas Grand Prix. Die middelpunt van die wedren is ʼn strook van 2 kilometer lank al langs die beroemde Las Vegas Strip, tuiste van al die vernaamste casino-hotelle. Die eerste oefening vind môreoggend Suid-Afrikaanse tyd plaas en die wedren om 8-uur Sondagoggend. Ferrari is in die wedloop om die Vervaardigerskampioenskap en die Spaanse jaer, Carlos Sainz, sê hy kan nie wag om die nuwe baan te toets nie.