IVP-president vra kiesers om te registreer

Die IVP-president, Velenkosini Hlabisa, moedig Suid-Afrikaners aan om te registreer sodat hulle stemme in volgende jaar se verkiesing gehoor kan word. Die Onafhanklike Verkiesingskommissie sê byna 23 296 stemlokale in alle munisipaliteite landwyd sal Saterdag en Sondag oop wees sodat mense kan registreer. Hlabisa sê dis verstommend dat meer as 13 miljoen Suid-Afrikaners, individue wat die mag het om die land se toekoms te beïnvloed, nie die eenvoudige maar veranderende stap gedoen het om as kieser te registreer nie.