Mwezi se jag was wettig sê ministerie
Kriminele klagte is by die Namibiese polisie gelê oor die trofeejag van die woestyn-aangepaste leeu Mwezi op 11 Oktober en die kantoor van die Ombudsman het ook ‘n ondersoek gelas. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die omgewing-ministerie, Romeo Muyunda, gesels wat sê hulle neem kennis van die aanklagte wat geopen is. Hy voeg egter by dat hulle binne die raamwerk van die wet opgetree het met die jag van die leeu.