Ndeitunga nou Ohangwena-goewerneur 

President Hage Geingob het die oud-polisiehoof, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga as goewerneur van die Ohangwena-streek aangestel. Die Presidensie het vanoggend die aankondiging gemaak. Ndeitunga neem môre by Walde Ndevashiya oor. Die redes vir die vervanging van Ndevashiya is nie bekend gemaak nie maar hy was onlangs in ‘n vaderskap-skandaal betrek. Ndeitunga het in Augustus verlede jaar die mag verlaat as die langsdienende polisiehoof in die land na hy die pos in 2005 beklee het.