ECB werk aan meer produsente om pryse mededingend te maak
Die Elektrisiteitsbeheerraad se uitvoerende hoof Robert Kahimise sê die raad ondersoek sy aangepaste enkelkoperstelsel. Die stelsel laat toe dat onafhanklike kragprodusente ook elektrisiteit aan die kragpoel kan voorsien. Op sy beurt verbeter die stelsel mededinging in die mark wat die prys afdryf. Dit is volgens Kahimise tot voordeel van die verbruiker.