Gauteng-premier sê alles moet in stryd gewerp word teen misdaad
Gauteng se premier Panyaza Lesufi sê hulle het al die vuurkrag en hulpbronne nodig om misdaad te bekamp. In die eerste kwartaal van 2023/2024 het die provinsie 27,9 persent tot die land se totale misdaadstatistiek bygedra. Tussen April en Junie vanjaar het misdaad in Gauteng met 41,1 persent gestyg. Lesufi het gister by ‘n sekuriteitsimposium in Sebokeng gesê hulle het die uitreik van dranklisensies gestaak in ‘n poging om die stryd teen dwelms en die verkoop van onwettige goedere te beëindig: