Saadbank in Kavango Wes gevestig
Namibië se eerste gemeenskap-saadbank is deur die Omgewings-beleggingsfonds by Sharukwe-dorpie in Kavango Wes geloods. Die landmerkprojek, wat deur die fonds, MTC en die Duitse Agentskap vir Nasionale Samewerking met meer as 500 000 Namibiese dollar befonds is, is deurslaggewend vir die behoud van biodiversiteit en die versekering van voedselsekuriteit. Kosmos 94.1 Nuus het met Lot Ndamanomhata, die EIF se bestuurder van korporatiewe kommunikasie, gesels oor die belangrikheid van die saadbank vir die omliggende gemeenskap.