Getstremdheidsraad beplan nuwe beleid

Die Nasionale Gestremdheidsraad van Namibië het ‘n raadplegende werkswinkel in Rundu gehou om die Konsepwetsontwerp op Persone met Gestremdhede en die Nasionale Beleid oor Gestremdheid te bespreek. Die raad se hoof uitvoerende beampte, Angelique Philander, sê die beleid dateer uit 1997 en is verouderd. Dit strook nie meer met die huidige behoeftes en vooruitgang van mense wat met gestremdhede leef nie, en die doel is om ‘n omvattende en bygewerkte nasionale beleid te ontwikkel. Sy voeg by dat Namibië hierdie kwessie baie ernstig opneem, omdat mense wat met gestremdhede leef strategiese rolle te speel het in die land se ontwikkeling.