Zim is terug op 20-uur kragonderbrekings

Zimbabwe worstel weer met kragonderbrekings van 20 uur daagliks, met geen oplossing in sig tot 2025 nie. Die minister van energie Edgar Moyo sê 2025 is die vroegste moontlike tyd. Zimbabwe se piekaanvraag na elektrisiteit is 1 850 megawatt, maar kapasiteit val tans onder 1 200 megawatt van die land se drie kragopwekkingsaanlegte: die Hwange-termiese kragstasie, wat 674 megawatt produseer, en die Kariba-hidrotermiese kragstasie, wat 500 megawatt produseer. Onafhanklike kragprodusente is onbeduidend met 38 megawatt wat hulle bydra.