Dippenaar-ongeluk weer in die hof 

Die saak waar Jandre Dippenaar deur Antonia Joschko, die enigste oorlewende in haar familie na die gru-ongeluk op 29 Desember 2014 gedagvaar word vir skadevergoeding van 715 000 euro en 500 000 Namibiese dollar, kom vandag voor vir saakbestuur voor regter Shafimana Ueitele. Dippenaar is instruksie gegee om in die hof te verskyn maar, volgens stukke wat ingedien is, is hy op die oomblik siek en sal eers weer na 15 Desember op die been wees. Hy sê sy regsverteenwoordiger sal teenwoordig wees. Datums moet bepaal word dat die verhoor, wat amper sewe jaar sloer, uit die blokke kan kom. Ses mense is in die ongeluk dood, insluitend Joschko se ouers en haar suster.