Geen vergunning vir terroriste nie, ook nie in Gaza se hospitale nie

Die Israelse premier Benjamin Netanyahu het met Amerikaanse media gepraat oor sy weermag se aanvalle op hospitale, veral die Al Shifa-hospitaal, wat hy voet by stuk hou ‘n Hamas-vestiging is. Hy sê buitelandse hulp vir tydelike hospitale is reeds bekom en dat daar geen toegewings vir terroriste sal wees nie.