Kommer oor Bavuma se fiksheid, ondanks oorwinning
Suid-Afrika het Afghanistan met vyf paaltjies in hulle laaste groepwedstryd by die Wêreldbeker in Indië geklop. Maar die oorwinning is vertroebel deur kommer oor die fiksheid van Temba Bavuma. Die kaptein se stryd met ‘n dyspierbesering het duidelik geblyk en hy kon slegs 23 lopies tot Suid-Afrika se totaal van 247 vir vyf bydra. Rassie van der Dussen het die beste met die kolf gevaar en het ‘n onoorwonne 76 aangeteken. Afghanistan is vroeër uitgeboul vir 244, met Gerald Coetzee wat vier paaltjies vir 44 laat kantel het. Die Proteas kom Donderdag in die halfeindstryd teen Australië te staan.