Oliepryse bereik nuwe laagtepunt
Oliepryse het die week met meer as 2 persent gedaal tot hul laagste vlak in meer as drie maande weens kommer oor dalende vraag in die VSA en China. Brent-ruolie verhandel tans teen net meer as 80 Amerikaanse dollar per vat, die laagste sedert middel Julie. Data van China, die wêreld se grootste ru-olie-invoerder, het getoon dat sy totale uitvoer van goedere en dienste vinniger gekrimp het as wat verwag is, wat bekommernisse oor die energievraag-vooruitsigte voed. Kosmos 94.1 Nuus het met Phillepus Uusiku, ‘n plaaslike ekonoom, gepraat oor wat dit vir die brandstofprys aan die einde van November beteken.