WVF-beskuldigdes gaan nie opsystaan

Die ANC se nasionale uitvoerende komitee het besluit om nie die opsystaanreël in te stel vir senior leiers wat by die Werkloosheids-versekeringsfonds-sage betrek word nie. Die uitvoerende hoof van Thuja Capital, Mthunzi Mdwaba, beskuldig die arbeidsminister Thulas Nxesi, finansminister Enoch Godongwana, hoër onderwys-minister Blade Nzimande en die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, dat hulle ‘n fooi van 500 miljoen Suid-Afrikaanse rand geëis het vir ‘n tendertransaksie van vyf miljard rand. ANC woordvoerder Mahlengi Bhengu-Motsiri sê ‘n besluit is hangende oor ‘n moontlike ondersoek.