Doëseb se roudiens vandag, môre ter ruste gelêNovember 10, 2023
Die roudiens vir die ontslape komponis van die Namibiese volkslied, Axali Doëseb word vanoggend om tien-uur in die Parlementstuine in die hoofstad gehou. Verskeie hooggeplaastes sal teenwoordig wees met die eerste minister, Saara Kuugongelwa Amadhila wat die hoofrede lewer. Verrigtinge loop om twee-uur tot ‘n einde. Doëseb sal môre vanaf half-agt by die Pionierspark-begraafplaas ter ruste gelê word. Doëseb is op 27 Oktober oorlede. Hy was 69.