Duitse bank belê groot
Die Duitse Ontwikkelingsbank, KfW, beloof om 6 miljard Namibiese dollar op toekomstige projekte in die land te spandeer, en sê hy het reeds 15 miljard dollar in lenings en toegifte spandeer aan projekte in Namibië. Dit sluit in die rehabilitasie van die Goreangab afvalwater behandelingsaanleg en die Ondangwa-Oshikango pad. Die bank se direkteur in Namibië, Beatrice Lucke, sê hul huidige projekte ter waarde van 13 miljard dollar sluit in die bou van ‘n nuwe afvalwater behandelingsaanleg in Windhoek, ter waarde van 812 miljoen dollar. ‘n Lening van 600 miljoen dollar is ook aan die Namibiese Ontwikkelingsbank toegeken om klimaatverandering te bekamp.