Man doodgeskok in Karibib
’n 53-jarige man van Karibib is doodgeskok nadat die elektriese vleissnyer waarmee hy gewerk het, wanfunksioneer het. Volgens ‘n polisieverslag was die man besig om by sy huis vir ‘n kliënt vleis te sny toe die lem uit posisie gegly het. Hy het die masjien afgeskakel om die lem reg te maak maar het nie die muurprop afgesit nie, en toe hy die draad wou uittrek is hy doodgeskok. Hy is na die Karibib staatskliniek gehaas, waar hy deur verpleegsters en paramedici versorg is voordat hy dood verklaar is. Ondersoeke rondom die voorval duur voort.