Reën verwag in Noorde, Ooste
Verskeie streke, veral in die noorde, sal waarskynlik vandag matige reënbuie kry, wat môre kan verskerp voordat dit oor die naweek geleidelik suidwaarts versprei. Die Namibiese Meteorologiese Diens sê die Ohangwena-, Oshana- en Oshikoto-streke kan reën verwag, asook die Otjozondjupa-streek, waar geïsoleerde buie kan voorkom. Kosmos 94.1 Nuus het met Odilo Kgobetsi van die Windhoekse weerkantoor gepraat, wat hul voorspelling deel.