Tshwane, werkers onderhandel weer
ActionSA in Gauteng sê hy is bly dat die Stad Tshwane en sy munisipale werkers weer om die onderhandelingstafel sit in nog ʼn poging om hulle salarisgeskil en arbeidsonrus op te los. Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie hanteer die onderhandelings tussen die stad en vakbondverteenwoordigers. ’n Woordvoerder van ActionSA, Funzi Ngobeni, sê die koalisie se oorsiggroep as die hoogste besluitnemingsliggaam in die veelparty-koalisie, was nog altyd van mening die dooiepunt moet met beraadslaging opgelos word.