SA ‘A’ aangewys teen Windies

Krieket: ʼn Ervare Suid-Afrika ‘A’-groep is aangewys vir die komende toer van drie vierdagwedstryde teen die Windies A later die maand en volgende maand. Die kolwer van die Titans, Neil Brand, sal die groep van 15 spelers aanvoer, wat ook die Protea-kolwers Keegan Peterson, Tony de Zorzi en Zubayr Hamza insluit, asook die snelbouler, Duanne Olivier. Die snelboulers Dane Patterson en Hardus Viljoen en die wegbreekbouler, Dane Piedt, is ook by die nasionale groep betrek. Die Proteas se rooibal-afrigter, Shukri Conrad, sal die toer bestuur: