Verslag oor salarisse is verkeerd, bedrae te hoog – vakbondleier
Vele werkende Namibiërs kla oor hul finansiële nood en het ook hul kommer oor die land se ekonomiese vooruitsigte uitgespreek. Sowat 20 persent van die land se werkers verdien minder as 10 000 Namibiese dollar per maand, terwyl 21 persent maandeliks tussen 8 000 en 14 999 dollar verdien, volgens ‘n Old Mutual-verslag. Verder doen 29 persent bykomende werk of kontrakwerk, terwyl byna ‘n kwart hul spaargeld as ‘n bron van inkomste gebruik. Job Muniaro, sekretaris-generaal van die Nasionale Unie van Namibiese Werkers, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hy stem nie met die verslag saam nie omdat baie Namibiërs veel minder verdien.