Nida sê alles loop vlot by Naute-skema

Die woordvoerder by Nida, Wessel !Nanuseb sê daar is geen nadelige uitwerking as gevolg van die Naute-besproeiingsprojek buite Keetmanshoop wat vir etlike weke sonder elektrisiteit is nie. Hy sê die oes van druiwe by die plaas sal volgens die huidige oesplan uitgevoer word. Daar is ook ‘n vooruitbetaling aan NamPower gemaak, terwyl suksesvolle onderhandelinge afgehandel is. Gevolglik sal kragtoevoer herstel word. Hy voeg by die agentskap het begin met die proses om die kragverbruik te evalueer om alternatiewe bronne deur middel van ‘n nuwe sonkragprojek te vestig.