Charles uitgejou na sy eerste koningstoespraak
Koning Charles is deur betogers uitgejou toe hy die parlement verlaat het nadat hy Britse eerste minister Rishi Sunak se agenda vir die jaar wat voorlê uiteengesit het. Harder vonnisse vir die land se ernstigste oortreders was die middelpunt van die eerste koningstoespraak in meer as 70 jaar. Die monarg het ‘n persoonlike noot geslaan toe hy sy toespraak begin het deur erkenning te gee aan die “nalatenskap van diens en toewyding aan hierdie land” deur sy “geliefde moeder, wyle koningin” Elizabeth. Voor die toespraak het anti-monargie-betogers saamgedrom met plakkate wat lees: “Nie my koning nie!”.