Bek-en-klouseer dalk op Noordwes-plaas

Die buurland se departement van landbou is bekommerd oor ‘n vermeende uitbreking van bek-en-klouseer op ‘n plaas in Ramatlabama in Noordwes. Epidemologiese ondersoeke word gedoen om te bevestig of die virus teenwoordig is. Die plaas is onder kwaratyn en opvolgondersoeke, wat monster-insameling insluit, word daar en op die omliggende plase en dorpies gedoen. Intussen maan Botswana se landbou-ministerie boere om te let op tekens van moontlike besmetting onder hulle diere. Dit sluit in sere in die bek en aan hoewe, lamheid en verhoogde spoeg-afskeiding.