Rusland onttrek uit veiligheidsverdrag
Navo-bondgenote veroordeel ‘n besluit deur Rusland om te onttrek aan ‘n belangrike Koue Oorlog-era veiligheidsverdrag , en sê hulle is nou van plan om dit operasioneel te hou vir “so lank as wat nodig is”. Die meeste van die 31 bondgenote het die verdrag op konvensionele gewapende magte in Europa onderteken, wat daarop gemik was om te verhoed dat Koue Oorlog-teenstanders magte by of naby onderlinge grense laat saamtrek. Navo sê in ‘n verklaring bondgenote “veroordeel Rusland se oorlog van aggressie teen Oekraïne, wat strydig is met die verdrag se doelwitte. Rusland se onttrekking is die jongste in ‘n reeks aksies wat die Euro-Atlantiese veiligheid stelselmatig ondermyn”.