Polisie en bendes wek kommer
Die Wes-Kaapse regering het diepe kommer uitgespreek oor die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat se voortdurende stilswye oor regter Daniel Thulare se kritiese bevindings rakende die polisie en misdaadbendes. Die bevindings, wat meer as ‘n jaar gelede geopper is, het moontlike polisiebetrokkenheid by bendes in die provinsie blootgelê. Die Wes-Kaapse L-U-R vir gemeenskapsveiligheid en polisie-oorsig, Reagen Allen, vra die verwydering van polisiebeamptes wat betrek word en die instel van misdaadklagtes waar korrupsie bespeur word.