Vier vas oor goue toilet

Vier mans word aangekla van die diefstal van ‘n toilet van 18 karaat goud uit Blenheim-paleis in Oxfordshire, Engeland, die geboorteplek en huis van die voormalige Britse premier, Winston Churchill. Die toilet wat 340 miljoen Namibiese dollar werd is, is op 14 September 2019 uit die spoghuis gesteel. Die verdagtes moet einde vandeesmaand in die hof verskyn. Die BBC berig die goue toilet was ten volle funksioneel en was pas twee dae uitgestal toe dit gesteel is. Die paleis is ‘n Unesco-wêreld-erfenisterrein.