Walter glo sy span kan terugkom na hewige verlies 

Die Proteas se afrigter, Rob Walter, sê hulle het sleutel-aspekte geïdentifiseer waaraan hulle uiters hard sal moet werk in aanloop tot die halfeindronde van die Wêreldbekertoernooi. Suid-Afrika se insinking en gepaardgaande nederlaag van 243 lopies teen Indië was die grootse nederlaag in sy eendaggeskiedenis van 669 kragmetings. Walter glo vas dat sy span meer baat sal vind by die ondervinding as wat die reuse loesing ‘n letsel sal laat. Hy het bygevoeg dat hy vol vertroue is sy spelers sal Vrydag  ‘n beter vertoning lewer wanneer hulle in hul laaste groepwedstryd in Ahmedabad teen Afghanistan te staan kom.