Organisasie geskep om misdaad teen toeriste te bekamp

Die onlangse vlaag gewelddadige aanvalle wat internasionale toeriste in Namibië teiken, wek groot kommer. Die toerismebedryf is ‘n groot bydraer tot die ekonomie en genereer elke jaar miljarde Namibiese dollar aan inkomste, en moet ten alle koste beskerm word. ‘n Groep genaamd “Tourism Against Crime, TAC” het ‘n inisiatief saam met die Namibiese polisie begin om toeriste teen misdade te beskerm. Kosmos 94.1 Nuus het met Nathaly Ahrens van die toer- en safarivereniging van Namibië gesels, wat sê ‘n inisiatief soos hierdie is baie goed vir die land en TAC vaar goed.

Ahrens sê hulle hoop die land gaan terug na waarvoor dit bekend is, sy veiligheid.